Loading...

WYNAND WINDPOMP

BESPREEK WYNAND WINDPOMP NOU VIR JOU FANTASTIESE VERTONING, FUNKSIE OF PARTYJIE.

Met vele jare van ondervinding in die musiek bedryf en met 4 suksesvolle albums wat hy vrygestel het, kan hierdie veelsydige kunstenaar aanbeveel word om enige gehoor in die korporatiewe, privaat en publieke sektor, te vermaak, te inspireer en te troos.

Wynand Burger (meer bekend as Wynand Windpomp), tree op by meeste van die groot Musiek- / Kunstefeeste regdeur die land asook in Namibië en was ook vir jare die organiseerder van een van KKNK se mees suksesvolle verhoë, Die Grootvoël Paradys.

Tans tree hy meeste van die kere op saam met Manie Mongia, wat hom ondersteun as “Lead Guitarist & Backing Vocalist”. Hulle staan bekend as WYSIWYG.

Met hul groeiende repetorium van 350 snitte en met sy lewendige optrede en perso onlikheid kan jy verseker word dat die kwaliteit en optrede (van goue Oues tot Moderne Pop & Rock) nie sal teleurstel nie.

Wynand is baie bekend onder sy mede sangers en kunstenaars en het al saam met persone soos Dozi, Theuns Jordaan, Arno Jordaan, Eden, Elizma Theron, Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Bobby van Jaarsveld, Nicholas Louw, Ray Dylan, Marulaboom en nog vele meer regdeur die land opgetree en verhoë gedeel.

In 2012 is hy gekies om ‘n optrede te doen as die Afrikaanse kunstenaar, by die SATMA Nominasie toekennings in Kaapstad.

Einde Oktober 2014 wen Wynand ook met sy treffer liedjie “EVA” – in samewerking met die Kaapse “rapper” Q.ROCK (Quintus Swartz) –  die prys vir die liedjie van die jaar. By die jaarlikse BOKKIE toekennings van Bokradio word hulle bekroon te Grand West Casino, Kaapstad.

In Wynand se totale musiek loopbaan was hy nog nooit by ‘n platemaatskappy nie en het op eie houdjie sy Musiek vervaardig, versprei asook finansier.

Share