Skryf sy eie liedjies en het paar van ander getoonset. Menigte van hierdie liedere speel nogsteeds op radio stasies regoor SA.
Met 20 jaar se ondervinding in die bedryf, kan Wynand enige skare op hul voete hou met ‘n groot verskeidenheid bekende en oorspronlike liedjies.
BRON : HUISGENOOT
“Gedagtes- Wynand Wynand Burger het twee albums onder die naam Wynand Windpomp opgeneem, maar sommige radiostasies het sy talent misken juis omdat hulle gedink het sy verhoognaam was belaglik. Nou het hy besluit om net onder sy naam te sing, en sy jongste album, Gedagtes, is pas vrygestel. Jy kom agter dat Wynand as’t ware ‘n kampvegter vir Afrikaans, en Dis my taal gaan juis oor sy liefde vir Afrkaans. Al hoe meer mense begin vir Afrikaans baklei, en dis reg so. Hierdie liedjie gaan ‘n groot treffer word. Ek wil jou hoor is die temalied van die Nasionale Dowe-instituut, en by die CD-bekendstelling het ‘n aantal dowe kinders gebare daarop gedoen. Hopelik sal dit ‘n treffer word! Wynand het met ‘n baie goeie CD vorendag gekom, maar daar is net een probleem: die moontlikheid bestaan dat hy met Wynand Strydom verwar gaan word. As hy dit kan oorkom, gaan hy eindelik die erkenning kry wat hy verdien.”
Daantjie Badenhorst – Daantjie Dinamiet
Bron Kollig:
Wynand Windpomp (10 Maart 2005) deur Ilza Roggeband HY IS eintlik bly hy het nie sy B Com studie voltooi nie, anders sou hy nooit besef het hoe belangrik musiek in sy lewe is nie. ‘Wie kan in elk geval nou klaarmaak op universiteit as jy nog tussendeur musiek maak ook?’ spot die 34-jarige Wynand Windpomp (eintlik Burger). Hy het voor hy skool toe is, ‘n rukkie musiek geneem, maar erken hy is ”dislekties wanneer dit by note kom.
Wynand Windpomp
BRON : http://www.roekeloos.co.za/ritme/klaas303.html
Wynand het op jong ouderdom homself geleer om die klavier en kitaar te bemeester. Van kleins af was dit vir hom ‘n groot begeerte om eendag in ‘n orkes te speel.
In 1990 op Stellenbosch Universiteit het hy en Peter Oettle begin om musiek maak. Kort voor lank het ‘n derde persoon hom by hulle aangesluit en het hulle bekend gestaan as Another 48 Hours. Baie vinnig het hulle hul merk gemaak as ‘n goeie troue en partytjie orkes en die geleenthede het ingerol. Ongelukkig moes Wynand na Worcester verhuis waar hy saam met Manie Mongia bekend gestaan het as No Strings Attached.
Later in Hermanus begewe hy homself in die “Bandscene” en begin sing vir Sequence maar verhuis binnekort na Brandvlei waar hy toe saam met sy broer ‘n restaurant – Die Windpomp – op die bene bring. Musiek was maa
r redelik op die agtergrond vir geruime tyd aangesien hy al sy aandag aan sy werk en die boerdery saam sy pa, spandeer. In 2001 verander dinge egter en begin mense ewe skielik baie in hom belangstel en word hy deur die Noordkaap se mense Wynand Windpomp gedoop.
Die optredes begin inrol en hy besluit om ‘n CD te maak. Wynand kry ‘n bekwame span bymekaar en skryf die meeste van sy liedjies self. Die lirieke handel veral oor verlange na die Karoo, ‘n windpomp natuurlik, ‘n boerenooi en sexy meisie wat teveel van haarself dink en daarom dan, Te ladida soos hy sy CD noem.
Sy tweede CD, Soektog, het reeds die lig gesien by die Rittelfees te Vredendal 2005 . Kyk uit vir hierdie een met 15 oorspronklike treffers. Dit beloof om die land aan die brand te speel. Wynand tree reg deur Suid Afrika asook Namibië op en is besig om vinnig naam te maak.
Dries Badenhorst (Town Captain website) – Wynand “Windpomp” Burger is self ‘n partytjie ou en wanneer hy optree speel hy “lead guitar” asook sing enige liedjie na aanleiding van wat die gehoor verlang. Hy het ‘n baie familiere houding met sy gehore en kry dit maklik reg om hulle te betrek deur middel van “sing alongs” en die manier waarop hy met hulle komunikeer. Donderdagaand was geen uitsondering by “The Sportsfan Pub & Grill” in Brackenfell nie. Soos die aand ouer geraak het, het die gehoor net meer en meer betrokke geraak by hierdie uitnemende vermaker se optrede. Ek en vroulief het ‘n raar aandjie saam uitgegaan en besluit om ‘n bietjie na die Windpomp te gaan luister. Ons was nie terleurgestel nie, en selfs ek wat nie aan die alkoholiese voggies raak nie het begin ritme in my lyf kry en het luidkeels saam gesing (ok ek het “geserenade” aan vroulief – en dit was lekker).
Dit was ‘n prêt aand in ‘n lekker plek – maar meer van die plek, later….Wynand “Windpomp” Burger is ‘n sanger, liedjieskrywer en musiek vervaardiger wat geen bekendstelling hier in Suid Afrika nodig het nie – maar sommige mag dalk wonder waar die “Windpomp” vandaan kom …..Ek het ook gewonder. Na so ‘n bietjie navorsing het ek uitgevind dat hiedie bynaam sy wortels in Brandvlei het. Dit was ‘n restaurant se naam wat hy saam met sy broer op die been gebring het.
Dit het gebeur in ‘n tyd waar sy musiek so bietjie op die agtergrond was a.g.v. die restaurant en die werk waarmee hy sy pa op hul plaas moes help. Dit is vandaar, toe hy weer begin optree het, dat die Noordkaap se mense hom Wynand Windpomp gedoop het. Die matrikulant van die Hoër Skool Jan van Riebeeck word in die musiek bedryf ook beskou as ‘n kampvergter vir sy taal, Afrikaans. Sy liedjie “Dis My Taal” getuig hiervan en spruit uit sy liefde vir Afrikaans.
Met musiek videos wat op Kyknet verskyn, ‘n verskyning op Pitstop en menigte positiewe resensies in koerante en tydskrifte is daar geen twyfel aan Windpomp se vermaaklikheids vermoens nie. Dankie Wynand – dit was ‘n lekker aand vir my en my liefie, en ons sal gerus weer kom kyk as jy optree.